DIE CHRISTEN EN ABORSIE

OPGESTEL DEUR : PASTOOR DE WET LODEWYK

ABORSIE ABORSIE 2   ABORSIE 3
1.ABORSIE IN DIE ALGEMEEN

Inleiding

Daar is veral twee vrae wat die aborsiedebat oorheers:

(1)    Is aborsie ʼn morele besluit vir ʼn individuele vrou gegewe haar spesifieke omstandighede? Hierdie omstandighede mag wees haar godsdiens, ouderdom, huwelikstatus, gesondheid, ekonomiese status, ondersteuningstelsel, ens. As ʼn vrou swanger is en sy wil nie wees nie, wat is die beste oplossing vir haar, die pasgeborene en ander mense betrokke (ouers, eggenoot, ens). Sy het basies drie keuses:

  • Gaan voort met die swangerskap en bevalling en maak die baba groot.

  • Gaan voort met die swangerskap en bevalling en gee die baba oor vir aanneming.

  • Termineer die swangerskap.

(2)    As ʼn vrou, nadat sy haar geneesheer geraadpleeg het, besluit dat sy ʼn aborsie verkies, mag die staat ʼn aborsie verbied?

Dit is veral hierdie tweede vraag wat vurige debat ontlok. Daar is twee denkstrome oor hierdie vraag:

(a)    Die pro-lewe, anti-aborsie voorstanders. Hulle glo dat die staat die vrou se besluit kan omverwerp en van haar verwag dat sy met die swangerskap moet voortgaan. Hierdie verbod is absoluut (dit geld in alle gevalle) of geld net vir sekere gevalle (daar mag gevalle wees waar dit wel gedoen mag word). Hierdie mense se benadering berus daarop dat hulle glo dat lewe begin by bevrugting en dat hierdie embrio sekere fundamentele menseregte het. Dit sluit uiteraard die mees basiese reg – die reg tot lewe – in.  Hier gaan dit oor twee mense – die moeder en haar embrio.

(b)   Die pro-keuse voorstanders. Hulle glo dat die staat nie met die vrou se besluit mag inmeng nie. Sy het die reg om ʼn aborsie te verkies. Jy kan tog nie ʼn vrou dwing om voort te gaan met haar swangerskap en geboorte nie. Voorstanders van hierdie siening glo dikwels dat lewe eers heelwat later as by bevrugting begin – sommige glo selfs so laat as by geboorte.

[Binne hierdie twee groepe is daar verskille waarvan ons nie hoef kennis te dra nie.]

Die probleem is dat meeste literatuur of sterk pro-keuse of sterk pro-lewe is. In beide is die gebrek aan objektiwiteit ʼn probleem. Data word verdraai; data wat nie hulle standpunt ondersteun nie, word geïgnoreer

1.Definisies

Die probleem is dat die verskillende groepe in die debat verskillende definisies gebruik (om in te pas by hulle standpunte). Die groot verskil is op watter punt lewe begin.

Aborsie: die doelbewuste beëindiging van ʼn swangerskap. Dit sluit uiteraard die verwydering van ʼn dooie fetus en die geboorte van ʼn lewendige baba uit.

  • Embrio: ʼn ongebore baba in die proses van ontwikkeling. Dit is die eerste agt weke na bevrugting.

  • Fetus: ʼn ongebore baba in die proses van ontwikkeling, maar nou agt weke of meer na bevrugting

2.Voorkoms van aborsies

In die VSA eindig ongeveer 25% van alle swangerskappe in ʼn aborsie; in Rusland is dit ongeveer 60%; in Suid-Afrika ongeveer 9%. Baie mense is ongemaklik met die hele idee van aborsies. In die presidensiële verkiesing in die VSA in 1966 het Bill Clinton gesê dat hy ʼn kultuur wil hê waar aborsie “safe, legal and rare” is. Die Meeste mense voel dat die beste manier om aborsies te verhoed, is deur ongewensde swangerskappe te verhoed. Dit beteken of die gebruik van voorbehoedmiddels of onthouding. Onthoudingsprogramme is nie baie doeltreffend nie – ʼn mislukkingsyfer van meer as 90% in jong meisies wat seksueel-aktief is voor hulle huwelik.

Om doeltreffend te wees moet voorbehoedmiddels voldoen aan die volgende vereistes:

  • Dit moet gratis of baie goedkoop voorsien word.

  • Dit moet maklik beskikbaar wees

  • Mense moet opgelei word om hulle te gebruik (byvoorbeeld kondome).

  • Ouers moet ondersteun word.

Nederland het ʼn program ingestel om voorbehoedmiddels aan tieners te voorsien en hulle aborsiesyfer het met 85% gedaal. In die VSA sou dit 200 000 minder aborsies beteken. Die probleem is dat die Rooms-Katolieke Kerk absoluut teen die gebruik van voorbehoedmiddels is. Dit lyk egter of die lidmate die kerk se onderrig verwerp. Nie minder as 97% van vrouens (lidmate van die Rooms-Katolieke Kerk) oor die ouderdom van 18 jaar het voorbehoedmiddels gebruik wat deur die Kerk verbied is.

3.Aborsie in Antieke Tye –

[Aborsie = uit Latyn – ab­ – weg; oriri – gebore word.]

Ons glo dikwels dat aborsie ʼn moderne probleem is wat veroorsaak word deur die vooruitgang in die mediese wetenskap. Dit is nie waar nie. Aborsie was welbekend in antieke Rome; reeds toe het Christene en Jode beswaar gemaak teen die doen van aborsies.

4.Buite-Bybelse literatuur

Hippokrates, in sy beroemde eed, sê: Ek sal nie aan ʼn vrou ʼn pessarium gee om ʼn aborsie te veroorsaak nie. [Pessarium = ‘n klein medisinale soliede blok wat in die vagina geplaas word. Word afgelei van die Grieks pessos = ovaal steen. (Oxford English Dictionary)] Die Sibillynse Orakels sê dat vrouens wat dit wat hulle in hulle maag het, aborteer in die kategorie val van diegene wat die bose doen. [Sibillyns = boeke met voorspellings van die sibille (= profeet, waarsêer) Cumae wat in krisistye deur die ou Romeine geraadpleeg is – HAT]

In antieke (heidense) Griekeland en Rome was Aristoteles (284 – 322 vC) se siening algemeen aanvaar. Hy het geglo dat die embrio (van bevrugting tot agt weke na bevrugting) ʼn “vegetable” siel het. Dit ontwikkel later in die swangerskap in ʼn diere siel en nog later in die siel van ʼn mens. Die ontwikkeling van ʼn mense siel gebeur 40 dae na bevrugting in die geval van ʼn manlike fetus en 90 dae na bevrugting indien dit ʼn vroulike fetus is. [Dit is van min betekenis, want destyds was dit onmoontlik om op so ʼn vroeë stadium die geslag van ʼn fetus te bepaal.] ʼn Aborsie is slegs veroordeel as die siel vernietig word. Vroeë aborsie was dus heeltemal aanvaarbaar.

Keiser Augustinus het geglo dat vroeë aborsies nie moord was nie, want daar was nie ʼn siel nie.  Elders erken hy egter dat hierdie siening verkeerd is.  Cicero (106 – 43 vC) sê dat volgens die twaalf tafels van die Romeinse wet moet misvormde pasgeborenes doodgemaak word. Plutarch praat van diegene wat hulle eie kinders geoffer het. Hy verwys ook na diegene wat geen kinders gehad het om te offer nie en kinders van arm mense gekoop het en dan hulle keel afgesny het … terwyl die moeder sonder trane toekyk (Moralia 1.171D). Aborsie was baie algemeen by die Romeine.

  1. Vroeë Christelike literatuur

Die vroeë Christendom was omring deur verskillende godsdienste. Met die uitsondering van die Christendom en die Judaïsme het al die ander godsdienste aborsie toegelaat. Ouers is selfs toegelaat om hulle pasgebore babas te vermoor.

1 Henog (eerste of twee eeu vC) sê dat ʼn bose engel mense geleer het om die embrio in die baarmoeder te vernietig. Josefus, die Joodse geskiedskrywer, sê die wet beveel dat al die nakomelinge grootgemaak moet word, en verbied vrouens om of ʼn aborsie te veroorsaak of om ontslae te raak van die fetus.

Die vroeë Christen filosowe en die kerkvaders het hulle uitgespreek teen aborsie. Hulle het aborsie en kindermoord as moord beskou. Kom ons kyk na enkele verwysings:

  • Tertullianus (155 – 225 nC): … ons mag nie, want ons is verbied om moord te pleeg, die fetus in die baarmoeder vernietig nie. Dit maak geen verskil of ons ʼn lewe vernietig van iemand wat reeds gebore is of een wat in die proses van geboorte is nie.

  • Ambrosius (339 – 397 nC): die armes stel hulle kinders bloot, die rykes maak die vrug van hulle eie liggame in die baarmoeder dood.

  • Hieronimus (342 – 420 nC): Sommiges, as hulle hoor dat hulle verwag as gevolg van sonde, doen ʼn aborsie deur die gebruik van middels. Dikwels sterf hulle self en kom hulle voor die heersers van die onderwêreld en is hulle skuldig aan drie misdade: selfmoord, owerspel en moord van ʼn ongebore kind.

Augustinus  (354 – 430 nC) keer egter terug na die siening van Aristoteles. Hy glo dat die menslike siel nie in ʼn ongevormde liggaam kan woon nie. Vroeg in swangerskap is aborsie nie moord nie, want geen menslike siel word vernietig nie.

Die vroeë Christene het nie net aborsie en kindermoord verdoem nie, maar alternatiewe aangebied. Callistus (derde eeu nC) het ʼn skuiling gehad vir kinders wat weggegooi is en hulle dan in Christelike huise geplaas. Benignus (derde eeu nC) het hierdie kinders gevoed en beskerm. Party van hierdie kinders het selfs abnormaliteite gehad as gevolg van mislukte aborsies.

U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder … U het my op ʼn wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering (Psalm 139:13 – 14)

Hier is ʼn baba wat aanmekaargeweef is in die moeder se baarmoeder. Wie is die wewer? Dit is nie die mens nie, maar God. Wat dus hier gebeur, is God se werk. Geen wonder die vroeë kerk het hom so sterk teen aborsie uitgespreek nie. Vandag is dit anders. Aborsie is iets alledaags. In sommige lande is die aborsies selfs meer as die bevallings. Ons praat nie meer daaroor nie.

Maar wat sê die Bybel oor aborsies. Volgende keer kyk ons daarna.

Aborsie – Die Feite

Volgens die Bybel is GOD DIE OORSPRONG VAN ALLE LEWE.

“En die Here het haar swanger laat word, en Rut het ‘n seuntjie in die wêreld gebring.” Rut 4:13

“U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder.” Ps 139:13

Volgens die Bybel BEGIN LEWE REEDS TYDENS BEVRUGTING. God het Jeremia reeds geken en geroep toe hy nog in sy moeder se “skoot” was (Jer. 1:5). Johannes die Doper het in sy moeder se “skoot van vreugde opgespring” en was “gevul met die Heilige Gees” (Luk 1:44). Jesus is deur die Heilige Gees in Maria se baarmoeder verwek (Mat. 1:20). Die apostel Paulus is voor sy geboorte al deur God afgesonder en uitverkies (Gal. 1:15, 16).

“So sê die Here jou Verlosser wat jou in die moederskoot gevorm het: Ek is die Here, Ek het alles geskep . . .” Jes. 44:24

  1. Die Aborsie Slagting

In die VSA word daar jaarliks meer as een en ‘n half miljoen lewens deur aborsie beëindig. In die voormalige Rusland is daar bykans jaarliks meer as 7 miljoen aborsies gedoen. Wêreldwyd, word daar elke jaar 55 miljoen jong lewens deur aborsies vernietig. Daar word hoofsaaklik van vier metodes gebruik gemaak om aborsies uit te voer, naamlik:

  1. Suigkurretasie _ Die ongebore baba word deur ‘n sterk suigkrag uit die baarmoeder gesuig.
  2. Bilatasie en Kurretasie _ ‘n Chirurgiese instrument word in die baarmoeder geplaas, waardeur die ongebore baba vermink, in stukkies gesny en verwyder word.
  3. Prostaglandien _ ‘n middel wat gebruik word om ‘n vroeë kraam of vrugafdrywing te bewerkstellig. Soms word die baba binne die baarmoeder met sout doodgebrand.
  4. Histere tomie _ ‘n Mini-keisersnit operasie word uitgevoer om die baarmoeder oop te maak. Sodoende word die ongebore babe óf verwurg óf net gelos om dood te gaan.

Nietemin, watter metode ookal gebruik word, hetsy suiging, verminking, branding, verwurging _ die uiteinde bly steeds die dood van ‘n nuut verwekte lewe. Die VSA, om die waarheid te sê, verloor meer mense JAARLIKS deur aborsie as hulle totale verliese tydens al die oorloë waarin hulle betrokke was gedurende die afgelope drie eeue.

Diegene wat gewalg word as hulle verslae hoor van sataniste wat kinders offer, moet in ag neem dat, streng gesproke, aborsie slegs ‘n kliniese en gesofistikeerde vorm is van kinderofferandes. Die meeste mense kom maklik in opstand oor kannibalisme, dog word duisende geaborteerde babas verkoop aan maatskappye wat dit gebruik in sjampoes en skoonheidsmiddels.

  1. Die Bybel se Lering is ten Gunste van Lewe.

In die Bybel word die vraag gevra:

“Kan ‘n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie.” Jesaja 49:15

Volgens die Bybel het God die mens na Sy beeld geskape en beveel dat hy vrugbaar moet wees en vermeerder. (Genesis 1:26-28)

Die kosbaarheid en onaantasbaarheid van lewe word verklaar. (Gen 9:6)

Kinders word beskou as ‘n gawe van God. (Gen 21:1, 2; 25:21)

Onskuldige bloedvergieting verontreinig ‘n volk wat dit toelaat. (Num. 35:33)

Kinders kan nie doodgemaak word vir die sonde van hul ouers nie. (Deut. 24:16)

God verklaar die waardigheid van die menslike lewe. (Psalm 8)

Dawid erken dat sy menslikheid begin het tydens bevrugting. (Psalm 51:7)

God vernuwe die aarde deur nuwe lewe te skep. (Psalm 104:30)

Kinders is ‘n seën _ ‘n erfenis en beloning _ van God. (Psalm 127:3)

God haat hande wat met onskuldige bloed bevlek is. (Spr. 6:16, 17)

God vorm ons in die moederskoot (baarmoeder). (Jes. 44:2).

Ons beskik oor ‘n verantwoordelikheid as Christene om die goddelose te waarsku. (Eseg. 3:17-19).

Die doodmaak van swanger vroue bring God se toorn neer op die goddelose. (Amos 1:13-15)

Jesus het die volgende oor kinders gesê: “En wie so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”” Matt. 18:5

“Pas op dat jullenie een van hierdie kleinjties verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van My Vader wat in die hemele is.” Matt. 18:10

“So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie.” Matt. 18:14

Wat dan is die Christen se antwoord op aborsie?

Ons lees in Eksodus 1 dat die koning van Egipte beveel het dat al die babaseuntjies doodgemaak moes word. Die Here het die vroedvroue geseën, wat geweier het om dit te doen.

“Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!” Spreuke 24:11

  1. WANNEER BEGIN LEWE?

Die lewe van ‘n individu begin tydens die oomblik van bevrugting, wanneer 23 chromosome van elke ouer gebruik word vir die vorming van ‘n unieke lewende wese. Die ongebore baba is onmiddellik daarna geneties, fisiologies en organies ‘n onderskeibare persoon. Op daardie oomblik begin lewe. Alle verdere vorming daarna, is bloot deel van ‘n proses van ontwikkeling, groei en volwassewording.

Die piepklein nuwe mensie beskik reeds op 3 weke oor die eerste tekens van oë, ‘n ruggraat, ‘n senuweestelsel, longe, ‘n maag en ingewande. Op 18 dae begin die hartjie te klop. Ses weke na bevrugting beskik die babatjie oor sy eie lewenslange breingolf.

As die afwesigheid van ‘n breingolf beskou word as ‘n teken van dood, waarom word dit dan nie aanvaar dat die teenwoordigheid daar ‘n teken van lewe is nie?

Geboorte is nie `n magiese proses, waartydens ‘n onmenslike wese skielik in ‘n lewende mens verander nie. Geboorte is slegs `n verandering van omgewing vir ‘n lewe, wat etlike maande tevore reeds begin het.

Aborteerders moet erken dat aborsie nie altyd veilig is nie. Behalwe dat ‘n kind doodgemaak word, kan die lewe en gesondheid van die moeder ook in gevaar gestel word. Enige beskaafde samelewing ondervind probleme wanneer mense ander kan doodmaak vir hul eie gerief. So ook kan aborsie dikwels toekomstige miskrame en onvrugbaarheid veroorsaak en laat dit altyd emosionele letsels.

Dit is noodsaaklik dat Christene ‘n alternatief kan bied vir aborsie. Aanneming is dikwels ‘n werkbare en geldige antwoord vir ongewensde swangerskappe. Daar is, egter, baie ouers en kinderlose egpare wat desperaat daarna smag om ‘n kindjie aan te neem. Dis wreed om lewens weg te gooi, terwyl daar ander mense is wat juis daarvoor bid.

Dit behoort vir Christene vanselfsprekend te wees om op konsekwente wyse liefde en praktiese ondersteuning te bied aan swanger moeders en hul ongebore babas. ‘n Atmosfeer van besorgheid, waarin daar omgegee word, sal die verskil maak.

“Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. KIES DIE LEWE, sodat jy en jou nageslag kan lewe.” Deut. 30:19, 20

Die Bybel spreek nie spesifiek aborsie aan nie. Maar daar is verskeie lerings in die Skrif wat dit duidelik maak wat God se siening oor aborsie is. Jeremia 1:5 vertêl ons dat God ons ken nog voordat ons in ons moederskoot is. Psalm 139: 13-16 praat van God se aktiewe rol in ons skepping en formering in moederskoot. Eksodus 21: 22-25 beskryf die straf aan iemand wat veroorsaak dat ‘n vrou haar baba in moederskoot verloor. Die daad word gelykgestel aan moord. Dit dui duidelik aan dat God ‘n baba as ‘n volwaardige mens beskou in moederskoot. Vir ‘n christen is ‘n aborsie nie ‘n vrou se reg nie. Dit is ‘n kwessie van lewe en dood van ‘n wese van God geskep het. Die eerste argument wat opkom teen die christen se beskouing oor aborsie is, “wat van kwessies soos verkragting en bloedskande?” Hoe afgryslik dit ook al mag klink, dit regverdig nie moord op ‘n baba nie. Die kind kan opgegee word vir aanneming aan liefdevolle ouers – of die kind kan grootgemaak word deur die moeder self. Die kind moet nie gestraf word vir die euwel dade van sy/haar vader nie. Die tweede argument teen christene wat staan teen aborsie is, “wat as die moeder se lewe in gevaar is?” Dit is een van die moeilikste vrae met betrekking tot aborsie. Eerstens moet ons onthou dat hierdie vraagstuk slegs voorkom by een tiende van 1 persent van die aborsies wat wêreldwyd uitgevoer word. Tweedens moet ons onthou dat God wonderwerke verrig. Hy kan die moeder en baba se lewe spaar ongeag die mediese diagnose teen hulle. Eventueel kan die vraagstuk slegs besluit word tussen die man, vrou en God. Enige egpaar wat voor hierdie uiters moeilike situasie staan moet tot God bid vir wysheid wat Sy wil is. 94% van die aborsies wat uitgevoer word in die wêreld is vir ander redes buiten die risiko wat ‘n swangerskap vir die moeder inhou. Die oorgrote meederheid aborsies kan gekwalifiseer word onder “’n vrou en/of haar maat het besluit hulle wil nie die baba hê wat hulle verwek het nie.” Dit is absoluut ‘n euwel. Self in die moeilike 6% van gevalle moet aborsie nooit eerste oorweeg word nie. Vir diegene wat ‘n aborsie ondergaan het – die sonde van aborsie is nie minder onvergeefbaar as ander sonde nie. Deur geloof in God kan enige sonde vergewe word. ‘n Vrou wat ‘n aborsie gehad het, of a man wat dit aangemoedig het, of self die dokter wat die aborsie uitgevoer het – almal kan vergewe word in geloof deur Jesus Christus.

  1. Waarom is aborsie verkeerd?

Aborsie is die vernietiging van die ongebore kind vóór die geboorte. Dit word op verskillende wyses gedoen. Dit mag deur ‘n operasie wees, of die moeder kan medisyne drink. Onwettige aborsies word soms gedoen deur mense sonder mediese opleiding. Dit is baie gevaarlik en lei dikwels tot die dood van die moeder. Gewoonlik word dit gedoen omdat die kind deur ontug verwek is en mense die skande wil wegsteek. Maar soms word dit binne die huwelik gedoen omdat die ouers die kind nie wil hê nie. Oorsee het dit skrikwekkende afmetings aangeneem, en maak ware Christene beswaar teen landswette wat dit wettig maak.

1.Omdat die kind binne-in die moeder ‘n mens is.

Mense wat aborsie goedkeur, sê die kind is eers later ‘n mens, lank ná bevrugting. Party sê so 20 weke ná bevrugting. Ander sê nee, vroeër, ander sê met die geboorte. Christen­geleerdes sê die beginpunt van ‘n mens se lewe is by die bevrugting. Aborsie is enige tyd ná bevrugting die vernietiging van ‘n mens se lewe.

  1. Omdat aborsie moord is.

Genesis 9:6 en Eksodus 20:13 sluit aborsie in. As Christene moet ons na die Woord van God luister (2 Timoteus 3:16-17).

3.Omdat dit meestal ‘n sonde is waarmee ‘n vroeëre sonde bedek moet word.

Die kind binne-in die moeder kan die gevolg wees van bloedskande of ontug, dit wil sê seks buite die huwelik. Nou word die kind doodgemaak. Dit kan nooit God se wil wees nie.

4.Die vraag is nou: Wat van aborsie as die lewe van die moeder in gevaar is?

Die moderne mediese wetenskap is so gevorderd dat ‘n moeder se lewe selde in gevaar is, behalwe by buis-bevrugting. Maar dan moet dit bo alle twyfel vasgestel word (behalwe by buisbevrugting) dat daar geen ander weg is nie. Dir is ‘n baie ernstige saak wat nie net deur een mens se denke bepaal kan word nie. Daar moet bo alle twyfel vasgestel word dat die moeder sal sterf as dit nie gedoen word nie.

10. Bio-etiek – Wanneer begin lewe?

Hierdie is ʼn kernsaak in die debat oor aborsie, stamselnavorsing, kloning en baie ander etiese probleme waarvoor ons vandag staan. Kan ons bepaal wanneer lewe begin? Sommige sê dat ons hier met ʼn onsinnige speletjie besig is. Ons kan lewe op ʼn reguit lyn (kontinuum) plaas wat strek van die eiersel deur die embrio en baba tot by die volwassene. Om nou iewers op hierdie lyn  ʼn kruis te gaan trek en te sê dit is waar lewe begin, is arbitrêr en nie wetenskaplik nie. Geen wonder dat as ons vra wanneer lewe begin ons ʼn verskeidenheid antwoorde kry nie. Dit strek vanaf bevrugting tot waar die baba asemhaal met ʼn klomp moontlikhede tussen in. Mense wat sê dat lewe begin sodra die baba asemhaal, haal Genesis 2:7 aan waar ons lees dat die Here God lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ʼn lewende wese geword het. Beteken dit dat voor die eerste asemteug die baba nie ʼn lewende wese is nie?
Hoe nou gemaak? Daar is duidelik geen eenstemmigheid oor wanneer lewe begin nie. Hoe moet ons hierdie vraag vanuit ʼn wetenskaplike hoek benader? Om te bepaal wanneer lewe begin, moet die wetenskaplike twee sentrale vrae beantwoord:

(a)          Wanneer word ʼn nuwe sel wat duidelik onderskeibaar van die eier- en saadsel is, gevorm?

(b)          Is hierdie nuwe sel(le) ʼn menslike organisme?

  1. Wanneer word ʼn nuwe sel wat duidelik onderskeibaar van die eier- en saadsel is, gevorm?

Wetenskaplikes gebruik twee eenvoudige kriteria om te bepaal of selle onderskeibaar van mekaar is:

(a)          Hulle samestelling verskil; en

(b)          Die gedrag van die selle verskil.

Wat gebeur by bevrugting? Die saad- en eiersel kom langs mekaar te lê en die membrane tussen die twee verdwyn en ons kry ʼn enkele sel (die sigoot). Hierdie sigoot bevat komponente van beide sy samestellende selle. Hierdie is dus ʼn unieke sel met ʼn unieke samestelling wat verskil van die eier- en saadsel. Om net een voorbeeld te noem: die eier- en saadsel het elk 23 chromosome, maar die sigoot het 23 paar chromosome – soos ʼn normale volwassene.

Die doel van die saad- en eiersel is om mekaar te vind en saam te smelt. Nou kry ons die sigoot met ʼn nuwe ontwikkelingspad. Sy ontwikkelingspad – verdeling en ontwikkeling – lei tot ʼn embrio en uiteindelik ʼn baba.

Nie alleen is hierdie sigoot se ontwikkelingspad anders nie, maar ook sy genetiese samestelling verskil. Ons het hier ʼn sel wat duidelik onderskeibaar is van die eier- en saadsel.

[ʼn Embrio is die organisme wat ontstaan na die eier- en die saadsel saamgesmelt het tot ongeveer agt weke na bevrugting. Daarna praat ons van ʼn fetus.]

  1. Is hierdie nuwe sel(le) ʼn menslike organisme?

Ons het gesien dat ʼn nuwe sel – die sigoot – gevorm word, maar is dit die begin van ʼn nuwe menslike organisme? Het ons nie maar net ʼn nuwe sel wat verdeel en ʼn klomp selle vorm nie? Hoe definieer ons ʼn organisme?

(a)          ʼn Organisme is ʼn ingewikkelde struktuur bestaande uit elemente wat van mekaar afhanklik is. Hierdie elemente se eienskappe word bepaal deur hulle funksie in die totale organisme. [Soos in die volwasse mens. So byvoorbeeld is die niere se funksie, onder andere, afhanklik van die bloedsirkulasie. Wat die nier doen, word bepaal deur die hele liggaam. Die niere is nie ʼn eiland nie – hulle werk nie in isolasie nie.]

(b)          ‘n Organisme is saamgestel om die aktiwiteite van die lewe uit te voer deur organe wat verskil in funksie, maar interafhanklik is.

Is die menslike sigoot ʼn menslike organisme? Die gedrag en strukture van die volwasse mens is nie daar nie – embrio’s lyk nie en tree nie op soos volwasse mense nie. Die sigoot tree egter op soos ʼn volledige geheel. Al die dele van die sigoot tree in ʼn georkestreerde wyse op om na die volwasse toestand te ontwikkel. Die sigoot tree onmiddellik op om ʼn program van ontwikkeling te inisieer wat, as dit nie deur siekte of ʼn eksterne ingreep onderbreek word nie, sal lei tot ʼn mens.

11. Aborsies in Suid Afrika

Die International Conference on Population Development van die Verenigde Nasies (Kaïro, 1994) het onveilige aborsies as ʼn belangrike gesondheidsrisiko erken. [ʼn Onveilige aborsie is ʼn aborsie gedoen deur ʼn persoon wat nie opgelei is nie of ʼn aborsie gedoen onder onhigiëniese toestande – gewoonlik buite ʼn hospitaal. Daarom staan dit ook as “agterstraat aborsies” bekend.] Die Wêreld Gesondheidsorganisasie bereken dat ongeveer 75 000 vrouens jaarliks sterf as gevolg van onveilige aborsies. In Afrika alleen word daar 4,2 miljoen onveilige aborsies elke jaar gedoen. Ongeveer 30 000 vroue in Afrika sterf elke jaar as gevolg van onveilige aborsies. Hulle gaan verder deur te sê dat onveilige aborsies gedoen word, want veilige mediese aborsies word deur wetgewing verbied. Baie lande, insluitend Suid-Afrika het sedertdien hulle wetgewing verander om aborsies te wettig.

In Februarie 1997 tree ʼn nuwe wet (Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap) oor die terminasie van swangerskap in werking. Wet 92 van 1996 het Suid-Afrikaners se benadering tot aborsie radikaal verander. In die Voorwoord word onder andere gesê dat die grondwet die reg van persone om self besluite oor voortplanting te neem, beskerm. In die wet word die voorwaardes waaronder ʼn swangerskap beëindig mag word, genoem:

(1)          Op versoek van die vrou binne die eerste twaalf weke van swangerskap.

(2)          Van die dertiende tot die twintigste week as ʼn geneesheer na konsultasie met die vrou dit aanbeveel. Aspekte wat hier hanteer word, is gevalle waar die moeder se lewe (fisies en geestelik) in gevaar is, as daar ʼn betekenisvolle risiko is dat die fetus abnormaal sal wees, as die swangerskap die gevolg van verkragting of bloedskande is of as die swangerskap die sosiale of ekonomiese omstandighede van die vrou betekenisvol sal beïnvloed.

(3)          Na twintig weke mag die swangerskap beëindig word as die vrou se lewe in gevaar is of as die fetus erg misvorm sal wees of as die voortgesette swangerskap ʼn bedreiging vir die fetus inhou.

Behalwe in vroeë swangerskappe mag slegs ʼn geneesheer ʼn aborsie uitvoer. In vroeë swangerskappe (voor twaalf weke) mag ʼn verpleegkundige wat die nodige opleiding gehad het, dit ook doen. Die wet maak ook voorsiening vir berading. In alle gevalle moet die vrou ingeligte toestemming gee. In gevalle van minderjariges word aanbeveel dat hulle hulle ouers, voog, gesinslede en/of vriende vooraf raadpleeg. As sy dit nie wil doen nie, kan die aborsie steeds voortgaan.

Wat is die situasie vandag? Sedert die wet aanvaar is, is 529 410 aborsies in Suid-Afrika gedoen. In 2005 alleen is 85 621 aborsies gedoen. Ongeveer 9,2% van alle swangerskappe in Suid-Afrika eindig in ʼn aborsie. Dit sluit spontane aborsies uit. ʼn Kommerwekkende statistiek is dat 24% van alle aborsies na 12 weke gedoen word. Die risiko vir die doen van ʼn aborsie verhoog na 12 weke. Na die inwerkingstelling van die wet het die aantal aborsie-verwante sterftes met 90% afgeneem.

Wat kan ons uit hierdie statistiek aflei?

  • Die geboortebeperkingsprogram slaag nie in sy doel nie. Daar is te veel ongewensde swangerskappe wat deur ʼn aborsie beëindig word. Aborsie mag nooit as ʼn vorm van geboortebeperking gebruik word nie.

  • Ek dink nie dit sal moontlik wees om die wetgewing te skrap nie. Die Amerikaanse kerke probeer al veertig jaar om hulle wetgewing te skrap – sonder enige sukses.

Wat moet die kerk in Suid-Afrika doen as hy nie die wet kan omkeer nie? Die kerk sal sterk leiding moet gee oor verantwoordelike seksuele gedrag veral vir ons jongmense. Mense moet besef dat regte altyd met verantwoordelikhede gepaard gaan.

D.               Die CHRISTEN en Aborsie en die bybel

In die inleidingsartikel oor aborsie het ons reeds na twee groot groepe verwys: diegene wat glo dat die vrou die reg het om te kies of sy met haar swangerskap wil voortgaan of nie (pro-keuse) en diegene wat glo dat die staat aborsie moet verbied (pro-lewe). Die interessante is dat beide hierdie groepe die Bybel gebruik om hulle standpunte te verdedig. Maar wat sê die Bybel oor aborsies?

Die Bybel is oënskynlik stil oor aborsies. Dit is moeilik om te verstaan, want aborsies was algemeen uitgevoer tydens die Nuwe Testamentiese tyd. Die Assiriërs het reeds in die twaalfde eeu vC ʼn wet gehad oor self-geïnduseerde aborsies. Omdat die Bybel min/niks oor aborsie sê nie, soek mense na teksverse om die waarde van die fetus te bepaal – is die fetus mens of pre-mens? Indien die fetus ʼn pre-mens is, sou aborsie geoorloof wees. Een ding is baie duidelik: mense lees in teksverse dinge wat glad nie daarin staan nie.

1.Die Pentateug

Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ʼn lewende wese geword het (Genesis 2:7). Kan ons hieruit aflei dat Adam eers mens geword het toe hy sy eerste asemteug gegee het? Beteken dit dat lewe begin as ʼn baba begin asemhaal – voor dit is hy slegs potensieel mens?  ʼn Aborsie gedoen voor ʼn baba asemhaal beëindig nie die lewe van ʼn mens nie?

Kom ons kyk na enkele ander gedeeltes in die Pentateug:

  • Genesis 25:21 – 23: Sy vrou Rebekka het swanger geword. Die kinders in haar het teen mekaar gestamp, en toe sê sy: “Waarom gebeur so iets met my?” Sy het toe die Here gaan raadpleeg en Hy het vir haar gesê: “Daar is twee nasies in jou, twee volke uit jou sal van mekaar geskei word. Een sal sterker wees as die ander, die oudste sal die jongste dien.” Hier word na Rebekka se tweeling verwys as twee nasies. Hulle is duidelik nie nasies op daardie stadium van hulle ontwikkeling nie. Ons moet dit dus simbolies vertolk. Hulle sal eers later gebore word en hulle afstammelinge sal later twee nasies word. Let op dat hier na kinders verwys word. Die antieke Hebreeus het geen word vir embrio of fetus gehad nie. Was hierdie kinders/fetusse volwaardige mense? Hierdie gedeelte hanteer nie hierdie vraag nie.

  • Genesis 38:24: Drie maande later is aan Juda vertel: “Jou skoondogter Tamar het haar soos ʼn prostituut gedra en is swanger. Tamar was ʼn weduwee sonder ʼn man en daarom word dit aanvaar dat sy ʼn prostituut is. Haar skoonvader, Juda, beveel dat sy lewend verbrand moet word. As Juda geglo het dat haar tweeling enige waarde gehad het, sou hy nie haar vonnis uitgestel het tot na hulle geboorte nie? Juda word nie veroordeel oor sy besluit nie. [Juda het haar lewe gespaar toe hy besef dat hy die vader van haar kinders was.]

  • Eksodus 13:1: Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet elke eersgeborene aan My wy, elke eersteling wat in Israel gebore word, mens en dier. Dit is Myne. Dwarsdeur groot dele van die antieke Midde-Ooste was die eersgebore seun ritueel geoffer aan die gode. As die geboorte van die seun voorafgegaan is deur die geboorte van ʼn meisie of ʼn aborsie is die seun nie geoffer nie, want hy was nie die eersteling wat gebore is nie. Later is dit vervang met die offer van ʼn plaasvervangende dier of ʼn kontant donasie aan die tempel of hulle het die seun aan die diens van die betrokke god gewy. Hierdie praktyk het niks met aborsie te doen nie, maar verwys eerder na kindermoord. Hierdie babas is na hulle geboorte doodgemaak. Dit wys egter vir ons dat pasgebore babas destyds nie hoog aangeslaan is nie. Daar is ander gedeeltes in die OT wat verwys na menslike offers:

    • Rigters 11:29 – 40: Jefta lê ʼn gelofte teenoor die Here af waarin hy onderneem om, as hy behoue bly teen die Ammoniete, die eerste persoon wat uit sy huis uit hom tegemoet kom as brandoffer te offer. Hy het sy enigste dogter geoffer.

    • 1 Konings 16:34: Hierdie vers mag verwys na Giël wat sy twee kinders geoffer het terwyl hy Jerigo herbou het. Argeologiese uitgrawings het die oorblyfsels van mense ontdek wat geoffer was om “die guns van die gode te verwerf.”

    • 2 Konings 16:3: Agas, koning van Juda, offer sy eie seun.

    • 2 Konings 17:17: Die volk het hulle seuns en dogters verbrand …

    • 2 Konings 21:6: Manasse het sy eie seun as offer verbrand.

    • Jesaja 57:5: Jesaja praat namens die Here en verwys na die gebruik van die mense van Israel om hulle kinders in die laagtes en onder die oorhangende rotse te offer.

    • Jeremia 7:31: Die Judeërs het die hoogte van Tofet in die Ben-Hinnomdal gebou om daar hulle seuns en dogters in die vuur te offer.

  • Eksodus 20:13: Jy mag nie moord pleeg nie. Dit is die doodmaak van ʼn mens. Omdat die skrywers van die OT en die tradisie van die Jode bepaal het dat ʼn mens eers mens word as hy sy eerste asemteug gegee het, het dit destyds nie vir aborsies gegeld nie.

  • Eksodus 21:22: Wanneer mans met mekaar baklei en hulle ʼn swanger vrou omstamp, sodat sy ʼn miskraam het maar nie blywend beseer is nie, moet hy wat haar gestamp het, onderhewig aan die goedkeuring van die regbank, die boete betaal wat die eggenoot van die vrou hom oplê. Vers 23 sê dat as sy blywend beseer is, is die straf ʼn lewe vir ʼn lewe. Sou die vrou sterf, moet die man wat haar gestamp het, doodgemaak word, want die vrou was ʼn mens. Vers 22 is verwarrend. In die Nuwe Afrikaanse Vertaling lees ons van ʼn miskraam. Die New Kings James Version praat egter van gives birth prematurely. Die Ou Afrikaanse Vertaling praat van haar vrug afgaan. Die NIV praat van gives birth prematurely, maar as voetnota sê hulle has a miscarriage. Dit is onduidelik waarna hier verwys word. Aborsie is ʼn sterk moontlikheid.

  • Eksodus 22:29: Moenie talm met jou offers uit jou graan- en wynoes nie. “Die eersteling van jou seuns moet jy vir My gee.” Party teoloë glo dat hier verwys word na die tyd toe die antieke Hebreërs en Kanaäniete hulle eerste seun geoffer het. Kanaäniete het dit gereeld gedoen.

  • Levitikus 17:11: Omdat die lewe van ʼn dier in sy bloed is, het Ek die bloed vir julle gegee om op die altaar versoening te doen vir julle lewens. Party glo dat hierdie vers beteken dat lewe begin sodra daar bloed in die embrio/fetus teenwoordig is. Ons weet dat die hart van die embrio op ʼn baie vroeë stadium reeds klop (ons kan dit reeds op agt weke op die sonar sien). Dit is dan die begin van lewe.

  • Levitikus 27:6: Van ʼn maand oud tot op vyf jaar is ʼn seun se loskoopwaarde sewe en vyftig gram en ʼn dogter s’n vier en dertig. ʼn Kind kry eers ʼn waarde na een maand. Voor dit het hulle blykbaar geen geldelike waarde nie.

  • Numeri 3:15: Tel die Leviete volgens hulle afkoms en families, almal van ʼn maand en ouer wat manlik is. Vir die volkstelling is net seuns ouer as een maand gereken. Beteken dit dat ʼn baba jonger as een maand nie werd was om as mens getel te word nie? ʼn Moontlike verklaring is dat die sterftesyfer van babas onder een maand so hoog was dat ʼn mens nie met redelike sekerheid kon bepaal of die baba sou bly lewe het nie. As die baba ʼn maand oorleef het, kon ʼn mens met redelike sekerheid aanvaar dat hy sou oorleef.

  • Numeri 5:12 – 31 beskryf ʼn ritueel indien ʼn man agterdogtig is dat sy vrou ontrou aan hom was. Die man neem die vrou na die priester toe met een en ʼn half kilogram garsmeel as offer. Die priester neem ʼn erdebak met gewyde water en gooi van die tabernakelvloer se stof daarin. Die vrou moes die offer (die garsmeel) vashou terwyl die priester self die erdebak met water, wat bittere smart en ʼn vloek oor haar kan bring, vasgehou het. Die priester plaas die vrou onder eed. Daarna moes sy die water drink terwyl die priester ʼn vloek oor haar uitgespreek het. As sy ontrou was, mag Hy jou vrugbaarheid laat vergaan en jou buik laat opswel. Was sy onskuldig, het die vloek geen uitwerking op haar gehad nie. In die NIV word haar vrugbaarheid sal vergaan vertaal met her womb will miscarry. Niemand is blykbaar bekommerd oor die fetus nie.

  • Numeri 31:17 – 18: Maak al die seuntjies dood en elke vrou wat al met ʼn man gemeenskap gehad het. Maar elke dogter wat nog nie met ʼn man gemeenskap gehad het nie, mag julle laat lewe en vir julle vat. (Dit gebeur aan die einde van ʼn veldslag teen die Midianiete.) Moses, waarskynlik in opdrag van God, word beveel om al die seuntjies en vroue wat reeds gemeenskap gehad het, dood te maak. Van die laaste groep sou sommige sekerlik swanger gewees het. Die fetus is dus saam met die moeder doodgemaak. Beteken dit dat hierdie fetusse geen waarde gehad het nie? Die dogters wat nog nie gemeenskap gehad het nie, word gespaar, want hulle het waarde.

  • Deuteronomium 2:34: In daardie tyd het ons al sy stede verower en verwoes. Van hulle mans, vrouens en kinders het ons niemand laat vrykom nie. Die Israeliete het probeer om deur Gesbon in vrede te trek. Hulle slaag nie. Waarskynlik op bevel van God vernietig hulle die stede en vermoor die mense. Weereens sou dit insluit die dood van die fetusse van die swanger vroue. Die fetusse word nie eers genoem nie.

  • Deuteronomium 30:19: Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe sodat jy en jou nageslag kan lewe. Party mense sê dat hierdie ʼn afkeuring van aborsie is. Dit is baie gevaarlik om verse buite hulle konteks te lees. Verse 15 – 18 is baie duidelik: waarna vers 19 se keuse verwys, is of om afgode te dien of om Jahweh te dien. Vers 19 het geen verband met aborsie hoegenaamd nie. Dit gaan hier oor geloofskeuses.

  • Deuteronomium 32:23 – 25: Ek sal ramp op ramp oor julle bring …Op straat roei die swaard die kinders uit, in die slaapkamers is daar angs: jong man en jong meisie, suigling en grysaard, almal kom om. God is hier besig om te beskryf hoe Hy ʼn nasie gaan uitwis. Dit sluit in mense van alle ouderdomme en beide geslagte. Fetusse word nie eers genoem ni

2.Die Ou Testament

  • 2 Konings 2:22 – 24: Elisa, ʼn man met ʼn bles, is hier besig met ʼn klomp seuntjies. Hulle spot hom: Hoër op, kaalkop! Hoër op kaalkop! Hy vervloek hulle in die Naam van die Here. Twee bere kom uit die bos en verskeur 42 van die kinders. Hierdie verse het niks met aborsie te doen nie, maar wys vir ons dat kinders destyds nie hoog geag is nie.

  • 2 Konings 15:16: Hy (Menahem die koning van Israel) het al die swanger vrouens laat oopsny. Hy was kwaad omdat die mense van Tifsag nie die poorte vir hom wou oopmaak nie. As ons dink aan die geneeskunde van destyds moet ons aanvaar dat al die fetusse en moeders gesterf het tydens hierdie “operasie.” Daar is geen veroordeling van sy optrede nie.

  • Job 3:2 – 4; Job 3:11 – 19; Job 10:18 – 19): Job ly. God laat Satan toe om al Job se kinders dood te maak, maar Job se lewe word gespaar. Job sê: Die dag waarop ek gebore is, moes nooit aangebreek het nie, die nag toe gesê is ʼn seuntjie het in die wêreld gekom. Beteken dit nou dat dit beter is om ʼn swangerskap te beëindig as om ʼn baba in die wêreld te bring wat sal ly?

  • Psalm 51:7: Ek was skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het. Die tweede deel van die vers word deur baie Christene gesien as ʼn verwysing na die erfsonde.

  • Psalm 139:13: U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Dit beskryf God wat die ontwikkeling van die fetus beheer tydens swangerskap. Hier word geen verwysing na ʼn aborsie gemaak nie. Dit sê ook nie vir ons of die fetus ʼn persoon is nie. Dit beskryf net hoe die fetus ontwikkel.

  • Psalm 139:16: U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Dit beskryf God wat die ontwikkeling van die fetus dophou en sê dat die lewenspan reeds voor die geboorte vasgestel is. Party mense beweer dat hierdie vers impliseer dat ʼn persoon se dae by sy geboorte begin – voor dit is hy slegs ʼn potensiële persoon. Dit is ʼn bietjie vergesog.

  • Prediker 4:1 – 3: Maar die gelukkigste van almal is dié wat nog glad nie gebore is nie en nog nie al die onreg gesien het wat op hierdie wêreld gedoen word nie. Die skrywer praat hier van verdrukking en lyding van onskuldige mense. Die skrywer verwys moontlik daarna dat ʼn swangerskap wat onderbreek word, beter is as ʼn lewende geboorte. Die persoon wat gebore is sal ongeregtighede en pyn verduur.

  • Prediker 6:3 – 6: ʼn Man kan honderd kinders hê en baie lank lewe … as hy nie die goeie dinge kan geniet nie en nie eers in ʼn graf begrawe word nie, is ʼn doodgebore baba beter daaraan toe. Volgens sommiges beteken dit dat ʼn swangerskap wat beëindig word (nie ʼn lewende baba produseer nie) beter is as ʼn lewe wat leeg en ongelukkig is.

  • Jesaja 49:1: Die Here het my voor my geboorte al geroep; toe ek nog in my moeder se liggaam was, het Hy my op my naam genoem. Party mense sê dat dit beteken dat God die fetus as mens erken, want Hy noem hom op sy naam. Ander sê dit is ʼn indikasie van God se vermoë om te weet van toekomstige gebeure – gebeure wat nog nie plaasgevind het nie.

  • Jeremia 1:5: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. God sê hier dat Hy vir Jeremia selfs voor hy in sy moeder se skoot gevorm is, geken het. Hierdie vers sê niks oor aborsie nie, al word dit dikwels in die aborsie-debat gebruik. Om te beweer dat hierdie vers sê dat ʼn fetus reeds ʼn persoon is, is nie waar nie – ons lees iets wat nie hier staan nie.

  • Esegiël 37:8 – 10: Hierdie is ʼn beskrywing van Esegiël se visioen in die laagte. Al wat hy sien is droë bene. Die Here beveel hom om as profeet vir hierdie bene op te tree. Terwyl hy as profeet optree, beweeg die bene na mekaar toe en daar kom senings en vleis met ʼn vel bo-oor getrek. Hulle het egter nie geleef nie, want hulle het nie asem gehad nie. Eers toe die gees/asem in hulle kom, het hulle gelewe. Die implikasie is dat ʼn gevormde mens nie lewe voordat hy asemhaal nie. Begin lewe met die eerste asemteug?

  • Hosea 14:1: Samaria sal boet … die mans sal met die swaard doodgesteek word, die klein kindertjies sal verpletter word en die swanger vrouens sal oopgesny word. God is ontsteld oor Efraim vir Baäl aanbid. Dit wil voorkom asof Hy geen waarde heg aan die fetusse van daardie swanger vroue nie. Hulle (die fetusse) was tog onskuldig aan enige misdaad.

  • Amos 1:13: Maar nou het hulle ʼn vierde sonde daarby gevoeg: hulle het swanger vrouens in Gilead oopgesny en hulle eie gebied uitgebrei. Hierdie verwys na die wandade van die Ammonitiese soldate. Die oopsny van swanger vrouens sou sekerlik lei tot die dood van die moeder en die fetus. Dit lyk of wat hier veroordeel word die dood van vrouens is wat hulleself nie kan verdedig nie. Die fetusse word nie genoem nie.

3.Die Talmoed

[Talmoed = heilige boek van die Jode met godsdienstige oorleweringe, sedekundige beskouings, leefreëls, ens.]

Die Talmoed glo dat ʼn mens eers volledig mens is by geboorte. As die baba normaal gebore word, gebeur dit met die verlossing van die baba se koppie. As die baba egter voetjies eerste gebore word, gebeur dit  wanneer die helfte van die baba se liggaampie verlos is.

4.Die Nuwe Testament

  • Matteus 26:24: Wee die man deur wie die Seun van die mens verraai word. Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie. Voorstanders van aborsie lei hieruit af dat beëindiging van swangerskap beter sou wees as ʼn voltooide swangerskap as die kind se lewe moeilik sou wees.

  • Lukas 1:15: … reeds van sy geboorte af sal hy met die Heilige Gees vervul wees. Hier het ons weer ʼn probleem met die vertaling. Die Ou Vertaling lui: alreeds van die skoot van sy moeder af – is dit voor sy geboorte? Die NIV sê: even before he was born. King James: even from his mother’s womb. Waarvan ons egter hier lees, is Johannes se spesiale geboorte. Dit geld nie noodwendig vir alle babas nie.

  • Lukas 1:35: Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daar om sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God. Van die ouer vertalings verwys na that holy thing which shall be born. Die engele verwys na Maria se fetus as ʼn heilige Hierdie stem ooreen met die tradisionele Joodse geloof dat ʼn fetus eers werklik mens word nadat hy halfpad gebore is.

  • Lukas 1:41: Net toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in Elisabet se moederskoot beweeg. Ons weet dat Elisabet reeds in die sesde maand van haar swangerskap was. Op hierdie stadium is die baba met vandag se tegnologie reeds lewensvatbaar. Let wel hierdie gedeelte sê niks oor vroeë swangerskappe nie. Ons het ook hier te doen met twee wonderswangerskappe en kan daarom nie alles sommer van toepassing maak op ʼn gewone swangerskap nie.

  • Lukas 1:42: Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug van jou moederskoot. Diegene wat glo dat lewe voor geboorte begin, sê dat Elisabet na hierdie vroeë swangerskap van Maria as ʼn baba verwys. Dit mag egter beteken dat hierdie fetus spesiaal is, want dit sal groei, ʼn mens word en uiteindelik gebore word as Jesus.

  • Galasiërs 1:15 – 16: Maar God het my al voor my geboorte vir Hom afgesonder en Hy het my in sy genade geroep … Dit dra dieselfde gedagte oor as Jeremia 1:5: Reeds voor sy geboorte het God Paulus se rol geken.

  1. Die Didage

Dit is waarskynlik tussen 100 en 150 nC geskryf. Ons weet nie wie die skrywer(s) was nie. Dit was ʼn belangrike dokument in die vroeë kerk.

  • Afdeling 2.2: Moenie ʼn kind deur aborsie doodmaak nie. Waarna word hier verwys? Dit mag wees dat hier na ʼn bekende verskynsel in die Romeinse Ryk, kindermoord, verwys word. Die vrou het die pasgebore baba buite die huis neergelê. As die vader verantwoordelikheid vir die kind aanvaar, het hy hom in die huis gebring. Anders word die kind daar neergelê om te sterf. Die vroeë Christene het hierdie kinders opgetel en in families geplaas.

6.Die Apostoliese Geloofsbelydenis

Ek glo in … Jesus Christus … en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; vanwaar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.

In baie ou Engelse vertalings word gepraat van die quick and dead. Hierdie frase kom van Handelinge 10:42 en 1 Petrus 4:5 waar dit verwys na Jesus Christus wat gereed staan om die lewendes en die dooies te oordeel. Quickening is ʼn woord wat nie meer gebruik word nie, maar verwys na die stadium waartydens die moeder die baba voel skop. Die algemene gevoel is egter dat dit eerder verwys na die ou Engelse woord cwicu, wat lewend beteken.

7.God se wil vir ons lewe (Wet van God)

By die Berg Sinaï het God met die Israeliete ʼn ooreenkoms (verbond) gemaak.

Hy het vir hulle gesê Hy sal vir hulle ʼn God wees maar dan moet hulle vir Hom ʼn volk wees. Soos met elke ooreenkoms is daar bepalings wat nagekom moet word. Daarom het God vir die Israeliete Tien Opdragte (Gebooie) gegee wat hulle getrou moes nakom (Eksodus 20). Wat in die Tien Gebooie (ook bekend as die Wet) gestaan het, was God se wil vir sy volk. Die gebooie is algemeen, soos eer jou vader en moeder, wat eintlik respek vir alle mense ouer as jy insluit, of dat jy net een God mag dien.

Toe Jesus die Tien Gebooie moes saamvat het Hy dit in terme van liefde gedoen. Jy moet die Here jou God liefhê met alles wat jy is en het en jy moet jou naaste net so liefhê soos jouself (Matteus 22:37-40). Dit gaan dus nie oor die reëls nie, maar oor die gesindheid. Jy wil die dinge doen wat die Here gelukkig maak, omdat jy Hom liefhet.

8.Die Grootste Mens Wat Nog Ooit Geleef HET.

Daar is geen twyfel dat Jesus die grootste mens is wat ooit in die geskiedenis van die mensdom geleef het nie. Hy het die wêreld vir altyd veran-der. Toe Hy gebore is, het Hy selfs die ma-nier waarop tyd aangedui word, verander. Hy het die rivier van die tyd uit sy loop geneem en en die eeue uit hul skarniere gelig. Sy verjaarsdag, Sy menswording het die tyd aangeraak en vir altyd verander. Die hele wêreld meet tyd nou in Voor Christus (vC) en Na Christus (nC). Jesus Christus is die sentrale figuur in die geskiedenis. Daar is meer boeke oor Jesus Christus geskryf as oor enige ander mens in die geskiedenis.

9.DIE INVLOED VAN JESUS

Die wêreld voor Christus is ‘n wêreld sonder hospitale, sonder liefdadigheid, ‘n wêreld sonder die respek vir die heiligheid van die lewe self. Hospitale is die uitvinding van die Christendom; daarom dat die kruis die simbool is wat hospitale verteenwoordig. Die verpleegprofessie is deur Christene, soos Florence Nightingale, in die lewe geroep uit toewyding aan Christus.

Een van die geskiedenis se grootste humanitêre bewegings, die Internasionale Rooi Kruis, is deur Christene begin in reaksie op die Opdrag in die Skrif om na die siekes om te sien. Christene, soos dr. Louis Pasteur, het van die grootste praktiese vooruitgang in die mediese wetenskap bewerkstellig. Pasteur het waarskynlik deur sy uitvindings meer lewens gered as enige ander individu in die geskiedenis van die mens. Die hele liefdadigheidskonsep was ‘n Christen-nuwigheid. Welwillendheid aan totale vreemdelinge was geheel onbekend voor Christus.

Die lering en voorbeeld van Jesus Christus het die grootste vrygewigheid, gasvryheid, selfopoffering en armsorg oor die afgelope 2000 jaar tot gevolg gehad. Voor die ontstaan van die Christendom het kulture slawerny en mensoffering beoefen – selfs die hooggeagte Griekse en Romeinse beskawings. Kinderoffers was baie algemeen onder die heidense gelowe. Die Asteke van Meksiko en die Inkas van Peru het slawerny, rituele verkragtings en massa-menseoffers beoefen. Voor die aankoms van die sendeling William Carey in Indië, was dit algemene praktyk in Hindoe-Indië om weduwees op die lykbrandstapels van hulle mans te verbrand.

Slawerny is uitgeroei deur die onvermoeide pogings van Christene soos William Wilberforce en David Livingstone.   Respek vir lewe en vryheid is die vrug van die Christendom. Diegene wat ten gunste is van aborsie, genadedood en pornografie, bepleit eintlik ‘n terugkeer na die pre-Christen-heidendom. Die positiewe invloed van Jesus Christus op die wêreld kan nie oorbeklemtoon word nie.

  1.  HERINNERINGE AAN JESUS

Alles van onderwys tot mense-regte, van openbare gesondheid tot ekonomiese vryheid – die dinge wat ons koester en vele van die seëninge wat ons as vanselfsprekend aanvaar – kan teruggevoer word na die geestelike en kulturele rewolusie wat deur Jesus Christus begin is.

Dit is ‘n onweerlegbare feit dat die Christendom geboorte gegee het aan die mo-derne wetenskap. Die wetenskaprewolusie het met die Protestantse Hervorming begin en die Bybel het ‘n baie belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van we-tenskaplike ontdekking. Elke belangrike vertakking van die wetenskap is deur ‘n Bybelgelowige Christen ontwikkel. Die Bybel het inderwaarheid die wetenskap geskep. Wanneer ons in ‘n kar klim, die sleutel draai, die ligte aanskakel, na die hospitaal ry, verdowing voor ‘n operasie ontvang en ‘n geslaagde operasie op ons uitgevoer word in ‘n kiemvrye omgewing; dan moet ons onthou dat ons dit alles aan Jesus Christus te danke het.

“Every school you see – public or private, religious or secular – is a visible reminder of the religion of Jesus Christ. So is every college and university.” Dr. James Kennedy.

Die fenomeen van onderwys vir die massas het sy ontstaan in die Christendom. Die strewe na in-diepte kennis van God op ‘n sistematiese en filosofiese manier het tot die ontstaan van universiteite regoor die wêreld gelei. Dit was dus die Christelike geloof wat tot die hele idee van Hoër Onderwys gelei het.

Die meeste van die wêreldtale is vir die eerste keer deur die sendelinge op skrif gestel. Die eerste boek in die meeste tale was die Bybel. Die Christendom was die grootste dryfkrag ter ondersteuning van geletterdheid in die geskiedenis.

Die Christen-sendelingbeweging van die 19de Eeu was die pionier vir talle skole in Afrika, Asië en die Suidsee-eilande en het sodoende onderwys aan tien dui-sende mense verskaf, selfs in die mees afgeleë oerwoude. Op dié manier het baie stamme wat nooit vantevore ‘n geskrewe taal gehad het nie, die geskenk van geletterdheid ontvang.

Dit lei geen twyfel dat Jesus Christus die grootste onderwyser van alle tye was nie. Toe Hy gepraat het: “Hulle was verbaas oor Sy onderrig, want Hy het onderrig soos iemand met ware outoriteit – heeltemal anders as die skrifkenners.” Markus 1:22. Die lewe, onderrig en voorbeeld van Jesus Christus het ‘n diepgaande invloed op die hele wêreld gehad asook die ontwikkeling van onderwys wêreldwyd. Die groot Opdrag van ons Here Jesus was: “Gaan dan, maak al die nasies my dissipels,…Leer hulle…” Matt 28:19, 20.

11.CHRISTEN ERFENIS.

Van die begin af het Christene skole opge-rig. Een van die vele nuwighede van Christen-opvoeding was dat hierdie Christenskole almal onderrig het, insluitende vroue en meisies. Om aan albei geslagte onderrig te gee, was die breinkind van Christenonderwys.

Die Grieke en Romeine het voor Christus se geboorte glad nie formele onderrig aan vroue en meisies gegee nie. Slegs seuns van die bevoorregte stand het toegang tot onderrig gehad. Die Christendom het ‘n rewolusie gebring deur onderwys aan alle klasse en alle geslagte beskikbaar te stel. St Augustinus het opgemerk dat Christenvroue beter opgevoed was as heidense manlike filosowe.

Die pionierswerk vir elke vertakking en vlak van opvoeding is deur Bybelgelowige Christene gedoen. Die hele idee van grade en vlakke in die opvoeding is deur Johan Sturm, ‘n Duits-Lutherse Christen in die 16de Eeu in werking gestel. Kindertuinonderrig is deur Friederick Froebel, nog ‘n Lutheraan, in gebruik gestel. Onderrig vir Dowes is ook ‘n Christenkonsep. Voor Jesus Christus was menselewe in die Griekse en Romeinse wêreld ontsettend goed-koop. Babas wat met fisieke defekte gebore is soos blindheid, is weggegooi om in die wildernis dood te gaan. In Griekeland is blinde babas in die see gegooi. Diegene wat eers later blind geword het, het gallei-slawe geword en meisies wat blind geword het, moes net eenvoudig prostitute word.

Jesus Christus het besondere meele-wing met die blindes gehad en het vele blindes gedurende Sy tyd op aarde gesond gemaak.

Toe die Romeinse vervolging van die Kerk in die vierde Eeu geëindig het, het Christene tehuise vir blindes opgerig. In die 19de Eeu het Louis Braille, ‘n toege-wyde Christen wat sy sig op driejarige ouderdom verloor het, die eerste alfabet ontwikkel wat blindes in staat gestel het om met hulle vingers te kon lees.

  1.  CHRISTEN ONDERWYS

Sondagskole is in 1780 deur Robert Raikes begin om sowel seuns as dogters uit die armste huise met geletterdheid te bemagtig om in die rykdom van die Skrif te deel. Die eerste universiteite het ontstaan uit die klooster-sendingsentrums wat die hele Europa bedien het. Die eerste universiteitsdosente was die monnikke wat boeke versamel het, biblioteke opgebou het, manuskripte gekopiëer het en op unieke wyse toegerus was vir gevorderde akademiese studie. Die meeste universiteite het as Christenskole begin, dit sluit Harvard, Yale, Princeton, Oxford, Cambridge, Heidelberg en Basel in. Die grootste ontdekking op die akademiese gebied was beslis Johannes Gutenberg se uitvinding van die drukpers – ook ‘n vrug van die Christendom. Die eerste boek wat ooit gedruk is, was die Bybel.

13.Alledaagse woorde.

Die naam ‘universiteit’ getuig van Christelike oorsprong. Universiteit beteken ‘Een Waarheid’. Is dit dan nie nodig dat onderwysers en ‘n in-diepte-studie maak van wat die grootste Leermeester ooit, en die belangrikste Boek wat ooit deur Geloof geïnspireer is en elke belangrike vertakking van onderwys en wetenskap voorafgegaan het, sê nie? Dink net bietjie oor die alledaagse dinge na wat deur die Bybel geïnspireer is. Die woord ‘breakfast’ kom van die konsep om die vas te ‘breek’.

Die woord ‘restaurant’ kom van Jesus se belofte in Mat 11:28 “Kom na My toe almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal jul lewens verkwik.” Die eerste restaurant is in 1766 in Parys gestig en het dié woorde in Matteus in groot vet letters buite die deur gehad en was die eerste onderneming waar maaltye in ‘n aangename omgewing geniet kon word.

Die feit dat ons week uit sewe dae bestaan, is ‘n getuienis dat God die aarde in ses dae geskape het en dat Hy die sewende dag gerus het. Die hele idee van Sondag wat ‘n rusdag is, gaan terug na die Christen-tradisie wat die eerste dag van die week as rusdag vier omdat dit die dag is waarop die Here uit die graf en die dood opgestaan het.

Elke keer wat ‘n koerant die datum publiseer, is dit eintlik ‘n getuienis van die sentrale plek wat Christus in alles in-geneem het. Dit is die jaar 2009 nC – ná Sy geboorte. Die woord ‘goodbye’ kom eintlik van die afskeidsgebed: ‘God be with ye.’ En die woord ‘holiday’ is afgelei van die woorde ‘holy day’. Die Bybel, veral die Tien Gebooie, het die raamwerk en wetlike fondasie gelê vir die hele Westerse beskawing. Die heel eerste statute, die heel eerste geskrewe beperking van die mag van die regering, was die Magna Carta van 1215. Dit is deur ‘n pastoor geskryf en is goed met Skrifverwysings deurweek.

14.Respek vir lewe

Die Bybel was die inspirasie vir die grootste literatuur, kuns, argitektuur, ontdekkings, wêreldsendings, die reg, die verdeling van mag, verteenwoordigende regering, die heiligheid van lewe en soveel ander dinge wat ons net bloot as vanselfsprekend aanvaar. Die Christendom het ‘n respek vir lewe en vryheid daargestel wat geheel en al onbekend was voor die koms van Christus.

In die antieke wêreld het die lerings van Jesus Christus ‘n einde gebring aan babamoord, vroue vry gemaak, slawerny beëindig, liefdadigheids- en godsdiensorganisasies geïnspireer, hospitale opgerig, weeshuise opgerig en skole begin. In die Middeleeue het die Christendom biblioteke gebou, kolleges en universiteite daargestel en die barbare beskaaf. In die Moderne Era het Christen-onderrig wetenskap bevorder, politiese, sosiale en eko-nomiese vryheid bevorder, geregtigheid aangemoedig en die grootste inspirasie verskaf vir die mees manjifieke prestasies in kuns, argitektuur, musiek en literatuur.

Die Christendom is die kragtigste agent wat die samelewing oor die afgelope 200 jaar ten goede verander en beïnvloed het.

Geen ander geloof, filosofie, lering, nasie of beweging het die wêreld só positief verander soos wat die Christendom gedoen het nie. Jesus Christus is die grootste mens wat ooit geleef het en die Bybel is die grootste boek wat ooit geskryf is.

Die Bybel is die nommer een verkoper van alle tye. Daar word bereken dat meer as 30 miljoen Bybels en 100 miljoen Nuwe Testamente elke jaar gedruk word. Die Bybel is ook in meer tale vertaal as enige ander boek in die geskiedenis.

Wyse manne soek Hom nog steeds.

SAMEVATING.

Die feit van die saak is dat God moet die mensdom so genadig wees wat hulle skuldig maak aan die verskriklike daad van moord. Die mense se waardes moet totaal verander en al hoe dit kan geskied is as die mens ‘n ware wedergebore ontmoeting met God gehad het. Dit maak dat jou hele lewe verander en dit bring dat so ‘n persoon God se standaard navolg en dan ook veral met reinheid van die huwelik. Dat omgang tussen man en vrou mag sleg plaasvind as hulle voor God in ‘n huwelik staan. Die problem gaan daaroor dat mense op aarde maak net soos hulle wil omdat die samelewing so in waardes verander het. Dit wat ‘n paar jaar terug verkeerd was is vandag aanvaarbaar of dit word net ‘n ander naam gegee. Die realiteit is God het nog nooit verander nie, sodoende ook nie sy moets en moenies nie.

Gevolgtrekking:

Die aborsie-debat is baie emosioneel. Daar is veral twee groepe wat aan hierdie debat deelneem:

(1)    Die pro-keuse groep: die vrou het die reg om self oor haar eie liggaam te besluit – sy alleen kan besluit of sy met haar swangerskap wil voortgaan of nie. Die staat het geen reg om met haar keuse in te meng nie.

(2)    Die pro-lewe groep: aborsie moet deur wetgewing verbied, of ten minste tot verdienstelike gevalle (voorbeeld: die moeder se lewe in gevaar) beperk word.

Wat ek hier beskryf het,  is ʼn vereenvoudiging van ʼn baie ingewikkelde proses. Tog kan ons sekere afleidings maak:

(a)          Bevrugting vind plaas sodra die eier- en saadsel saamsmelt. ʼn Nuwe, unieke sel met ʼn eiesoortige ontwikkelingspad word gevorm.

(b)          Hierdie nuwe sel het die potensiaal om te ontwikkel tot ʼn volwasse mens.

Wetenskaplik moet ons aanvaar dat lewe begin sodra die eier- en saadsel saamgesmelt het – dit wil sê, by bevrugting. Met hierdie as agtergrond kan ons nou kyk na ʼn paar bio-etiese dilemmas. Ons gaan begin by aborsie.

Nog die Ou nog die Nuwe Testament hanteer aborsie direk. Geskrifte van die vroeë Christelike beweging verdoem aborsie.

  • Ou Testament: Die sleutelvers is Eksodus 21:22. Volgens party vertalings (NIV) mag ons aflei dat die fetus ʼn persoon is. Uit ander vertalings kan ons nie hierdie gevolgtrekking maak nie. Meeste verse heg nie ʼn hoë waarde aan die fetus nie.

Lukas 1:41 mag geïnterpreteer word as sou aborsies na die fetus lewensvatbaar is, verdoem word.

Die probleem is dat beide die Ou en Nuwe Testament dieselfde woord gebruik om te verwys na ʼn ongebore fetus, ʼn pasgebore baba en ʼn ouer kind. Weereens gee dit aanleiding tot direk teenoorgestelde afleidings:

(a)    Die fetus is volledig mens soos ʼn pasgebore baba; of

(b)   Soos ons vandag na ʼn fetus as ʼn mens verwys in die algemene spreektaal, het hulle dit ook gedoen.

Daar is op ’n keer die vergelyking gemaak van drie persone. Die vergelyking het gegaan oor die feit as die persone geaboteer sou word wat sou dan gebeur het.

Die eerste persoon was die komponis Beethoven, toe sy moeder met hom swanger was het sy en haar man dit oorweeg om die kind te aboteer omdat hulle toe reeds al 13 kinders gehad het. Hulle het Goddank daarteen besluit en Beethoven is gebore. Om te dink dat die man was verantwoordelik vir van die beste musiek wat ooit op aarde getoonset is. As hy geaboteer sou word sou die aarde baie armer gewees het.

Die tweede geval is John Wesley wat in Engeland was, hy was verantwoordelik dat God hom so kragtig gebruik het, dat baie herlewings in die 18 de eeu plaasgevind het. Toe sy moeder met hom swanger geword het, was hy die vyfde kind wat gebore sou word. Sy ouers het dit oorweeg om ’n aborsie te doen. Goddank ook daarteen besluit. Dink daaraan as John Wesley nie daar was nie, sou daar baie minder geestelik herlweings op aarde gewees het.

Die derde en wonderlikste voorbeeld is die KONING VAN ALLE KONINGS, JESUS CHRSITUS.

Dink daaraan wat sou gebeur het as Jesus sou geaboteer word. Dan was daar geen verslossing, geen vergifnis van sondes, geen kans om Hemel toe te gaan en die Hel te ontvlug nie. Dan het die mens in duisternis gebly en het die mens geen toekoms gehad nie. PRYS SY NAAM HY IS GEBORE, HY HET BETAAL MET SY BLOED, EN HY LEEF TOT IN ALLE EWIGHEID – AMEN!!!!

BELANGRIKE UITNODIGING

DAAR IS VERGIFNIS TE VINDE AS U DEEL GEHAD HET AAN ‘N ABORSIE.

DAAR IS HULP TE VINDE.

DAAR IS MENSE WAT OMGEE VIR U.

KONTAK : PASTOOR DE WET EN LYRETTE  LODEWYK

SIEN KONTAK BESONDERHEDE BY VOORBLAD ONDER KONTAK ONS

_________________________________________________________

BRONNELYS

DIE BYBEL, 1933/53

HANDLEIDING VAN’ WALKING IN TRUTH’ VAN DIE KOLLEGE VAN DIE VOLLE EVANGELIE KERK VAN GOD.p 21

http://bibleknowledge.co.za/Aborsie/Aborsie-Aborsie-in-Antieke-Tye.html

http://www.juig.co.za/article.php?id=61

http://www.christianaction.org.za/articles/aborsie.htm

http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=883.0;wap2

http://www.google.co.za/search?hl=af&source=hp&q=Die+Christen+en+Aborsie&btnG=Google+Soek&meta=

DIE BEDIENING STREEF DAARNA OM DIE PASSIE VAN CHRISTUS VIR MENSE TE HE